Djokovic deur na laaste 8, verwag taai stryd teen Musetti

Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, is deur na die kwarteind-ronde van die Paryse Meesterstoernooi. Die Serwiër het Karen Khachanov van Rusland met 6-4 en 6-1 verslaan. Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje, het ook die laaste agt gehaal met ‘n skoonstel-oorwinning oor Grigor Dimitrov van Bulgarye. Djokovic, wat teen Lorenzo Musetti van Italië sal meeding om ‘n plek in die halfeind-ronde, sê hy verwag ‘n taai stryd: