Slegs vyf persent Namibiese plaaswerkers het Covid-19 gehad

Tydens Augustus is ’n opname onder lede van die Namibiese Landbou-unie gedoen om die impak van Covid-19 op plaaswerkers te bepaal. Sowat 300 boere, wat 2 450 werkers verteenwoordig, het deelgeneem. Die infeksiesyfer onder die betrokke plaaswerkers was vyf persent en geen sterftes is aangemeld nie. Die meerderheid is tuis behandel op die plase en het almal herstel sonder enige gevolge.