Omgewingsminister sê waarom verbod op uitvoer van rou hout geplaas is

Die Namibiese omgewingsministerie vier vandag Nasionale Boomplantdag. Die minister, Pohamba Shifeta, het by die M.H. Greeff Primêre Skool in Khomasdal in die hoofstad aan die boomplantseremonie deelneem. Hy het in sy toespraak gesê Namibië se bosboubedryf is ondergebruik met bome wat as rou materiaal na buitelandse markte uitgevoer word. Shifeta sê dit is waarom sy ministerie ‘n verbod geplaas het op die uitvoer van rou hout.