Slegs drie Konserwatiewe Party-kandidate in wedloop

Slegs drie Konserwatiewe Party-kandidate bly oor in die wedloop om Boris Johnson as partyleier en die volgende Britse premier te vervang. Dit volg ná gister se stemmery waarin Kemi Badenoch uitgeskakel is toe sy die minste steun ontvang het. Die drie oorblywende kandidate is Rishi Sunak, wat 118 stemme verwerf het, Penny Mordaunt met 92 en Liz Truss met 86. Die lys sal in vanmiddag se finale stemming tot net twee verminder word, en dié kandidate sal sake uitspook in die verkiesing wat na verwagting in September sal plaasvind.