SA polisie verskerp ondersoeke oor Enyobeni-taverne

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê die polisie het sy ondersoeke oor die Enyobeni-taverne-tragedie in die Oos-Kaap verskerp. Cele het terugvoer gegee oor die sterfgevalle en sê die polisie bly daartoe verbind om te verseker alle verdagtes wat by die saak betrokke is, word aanspreeklik gehou. Cele sê ‘n spesiale ondersoekspan is aangestel om die proses te bespoedig