Hoër brandstofpryse, meer elektriese voertuie aangeskaf

Die hemelhoë brandstofpryse het sommige Namibiërs genoop om eerder ‘n elektriese voertuig aan te skaf. Brandstofpryse het skerp gestyg sedert die Russiese-Oekraïnse oorlog wat steeds voortduur. Jens Denk, ‘n vennoot van Electric Vehicles Namibia het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die aanvraag na elektriese voertuie het beslis gestyg. Charlie Matengu, woordvoerder van Cenored, sê hoe die elektrisiteitsbedryf in Namibië by elektriese motors baat kan vind.