Slaap in Slaapstad en help ‘n diertjie

Hier is ‘n unieke geleentheid om ‘n verskil te maak… Die dierewelsynsorganisasie TEARS in Kaapstad nooi slaapkouse vir ‘n oorslaapaand om fondse in te samel. Die woordvoerder, Wendy Scheepers, sê deelnemers sal vroegaand by hul skuilings moet aanmeld om ‘n aand van gasvryheid, versorging van die diere en ‘n heerlike plant-gebaseerde aandete te geniet. Scheepers sê die geleentheid sal drie Saterdae in November plaasvind – die 13de, 20ste en 27ste: