SA-vrugteboere het kommer oor vervoerkostes

Verhoogde vervoerkoste veroorsaak groot kommer onder Suid-Afrikaanse produsente, veral vrugteboere. Volgens berigte uit die buurland gaan vraghouers se kostes met 30 tot 40 persent styg. Hierdie stygings gaan probleme vir die hele vrugtebedryf veroorsaak, veral die Wes-Kaapse tafeldruif-boere. Bloubessies en steenvrugte kan soortgelyke verhogings verwag. ‘n Woordvoerder van die Sitruskwekersvereniging, Paul Hardman, sê vrag-kostes het sedert verlede jaar met byna 40 persent toegeneem. Die bedryf verwag volgende jaar verdere stygings van 50 tot 75 persent.