Navorsing oor informele sektor

Die Friedrich Ebert-stigting, in samewerking met die Metaal en Verwante Werkersvakbond stuur môre ‘n nuwe studie van stapel om ondersoek in te stel na die informele sektor. Die sektor dra meer as 30 persent van die Namibiese ekonomie by en word jaarliks groter soos formele werksgeleenthede kwyn. Die stigting sê houtwerk, kontruksie, motorwerktuigkundiges en metaalwerkers sal onder die loep kom. Danny Meyer van SMEs Compete wat met die sektor werk, sê hy hoop dit lei na iets aansienlik en betekenisvol.