Slaagsyfers aangepas om leerders deur te dra – Bohn

Namibiese leerders en onderwysers het weens die Covid-pandemie ‘n rowwe jaar gehad. Die onderwysministerie was genoop om skole te sluit en die skoolkalender te verander. Dit is byna die einde van die jaar en leerders is besig om vir die eksamens voor te berei. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn, sê slaagsyfers moes aangepas word om die leerders ‘n regverdige kans te gee.