Skuld aan SA munisipaliteit verdubbel oor vyf jaar

Data van die Nasionale Tesourie in die buurland dui daarop verbruikers het munisipaliteite einde Junie 255,4 miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld, teenoor 232,8 miljard rand in 2021. Die Tesourie sê huishoudings se uitstaande skuld bedra 71 persent van die totaal. Die data wys ook munisipaliteite het hulle krediteure in Junie 89,7 miljard rand geskuld. Die skuld het ‘n invloed op munisipale geldsake en verhoog die risiko vir dienslewerings-ontwrigting. Eskom het verlede week gedreig om die Stad Tshwane se kragtoevoer af te sny as hy nie sy skuld betaal nie.