Rusland verdiep Europa se winter-gaskrisis

Rusland het Saterdag se sperdatum verontagsaam om die vloei van gas na Duitsland te hervat. Dit vererger Europa se probleme met die verkryging van brandstof vir die winter, nadat Rusland bekendgemaak het daar is tydens onderhoud foute in die Nord Stream 1-pyplyn gevind. Die pypleiding, wat onder deur die Oossee loop, sou Saterdag weer in bedryf wees nadat dit weens onderhoud vir drie dae stilgestaan het. Rusland het vroeër aantygings ontken dat hy gas as ‘n ekonomiese wapen gebruik of die mark vir gas manipuleer.