Bio-massa Skou is om die draai

Die Bio-massa Skou 2022 is om die draai. Die Namibiese Bio-massa Industrie-groep, die Namibiese Houtskool Vereniging en die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sal ‘n tweedaagse Bio-massa Skou aanbied wat bestaan uit ‘n navorsing-simposium en ‘n nywerheids-konferensie. Die geleentheid word in samewerking met die Bio-energie Vereniging, Bundesverband Bio-energie en die Bosbeheer- en biomassa-benuttingsprojek geïmplementeer deur die Duitse samewerkingsorganisasie, GIZ. Dit vind op 7 en 8 September in Windhoek plaas. Erastus Ngaruka, tegniese adviseur by Agribank, praat met Kosmos 94.1 Nuus.