Skudding tref Westonaria-gebied van Gauteng

’n Skudding het net voor half-vyf vanoggend 14 kilometer suidwes Westonaria in Gauteng plaasgevind. Dit is onduidelik presies hoe sterk dit was en berigte wissel van 3 tot 4,2 op die Richterskaal. Die skudding het op ‘n diepte van 10 kilometer voorgekom. Die presiese omvang en episentrum van die skudding kan nog aangepas word soos data hersien word. Media in buurland berig dat inwoners versigtig moet wees vir naskokke wat moontlik oor die volgende paar dae kan voorkom.