Routydperk in Suid-Korea na stormloop 151 eis

Suid-Korea se President Yoon Suk-yeol het vandag ‘n tydperk van nasionale rou aangekondig na ‘n stormloop in die hoofstad Seoel waarin sowat 151 jongmense dood is. Daar word berig dat die groep ‘n Halloween-partytjie gehou het en ‘n groot groep het deur ‘n nou straatjie beweeg waar die vertrapping plaasgevind het. Die oorsaak is nog nie bekend nie. Talle is ook ernstig beseer. Yoon het dit as ‘n tragedie en ‘n ramp beskryf. Owerhede sê 151 sterftes is bevestig, insluitend 19 buitelanders. Daar is ook 82 mense beseer, waarvan 19 ernstig.