Skrap van e-tol dalk verkiesingsfoefie: Giwusa

Die president van Suid-Afrika se algemene werkersvakbond Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die regering se besluit om amptelik e-tol te skrap kan ‘n poging wees om motoriste se stemme te kry en aan bewind te bly. Sebei sê die absurde besluit van die vervoerminister, Sindisiwe Chikunga om die e-tol skuld te behou van dié wat rekenings gekry het in Gauteng en ander provinsies, bewys die houvas van die neo-liberale mentaliteit op die ANC se topstruktuur.