Regering gee N$110 miljoen vir netwerktorings

Die kommunikasietegnologie-minister, Emma Theofelus, het aangekondig die regering het 110 miljoen Namibiese dollar oor drie jaar bewillig vir die installering van 30 netwerktorings. Dit het ten doel om digitale ongelykheid aan te spreek en landwye toegang tot inligting te verbeter. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sal 35 miljoen dollar kry, wat vir die netwerktorings gebruik sal word. Die ministerie se woordvoerder, Shoki Kandjimi, het meer inligting.