Droogte, veldbrande knou Kalifornië se salms

Salmhengel aan die kus van Kalifornië in Amerika word vir ‘n tweede jaar verbied. Die owerhede sê die laer visvoorraad is weens die droogte en veldbrande. Die swaar terugslag vir die staat se salmsektor, wat een bedryfsgroep sê 23 000 werkgeleenthede steun, kom nadat salm gesukkel het om suksesvol voort te plant in lae of warm strome. Daar word gehoop die verbod, aangekondig deur Kalifornië se Departement van Vis en Natuurlewe, sal die staat se Chinook-salmvoorraad help herstel.