Skorsings by B2Gold: Dit was vakbond se raad sê Hangala

Die voorsitter van die raad van B2Gold Namibia dr. Leake Hangala het vandag by die maatskappy se perkonferensie oor die beëindiging van die arbeidsdispuut uitgevaar teen die vakbond. Verlede week is 200 werkers by die Otjikoto-myn geskors maar Hangala sê dit is op die advies van die Mynwerkers-unie gedoen. Die geskil is opgelos en produksie het hervat maar, Hangala waarsku dit moet nie herhaal word nie.