Phala Phala-paneel begin môre met sy ondersoek

Suid-Afrikaners sal nog ‘n maand moet wag om uit te vind of President Cyril Ramaphosa ‘n saak het om voor te antwoord, met betrekking tot bewerings wat verband hou met ‘n diefstal voorval by sy Phala Phala-plaas. Die buurland se parlement het aangekondig dat ‘n onafhanklike paneel wat die bewerings moet ondersoek, Woensdag met sy werk sal begin. Die paneel het 30 dae om die ondersoek te voltooi. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, het die Artikel 89-ondersoekpaneel aangestel, na aanleiding van ‘n mosie deur African Transformation Movement-leier Vuyolwethu Zungula.