Skooluniforms: Dinapama skop plaaslike vervaardiging af

Die plaaslike klerevervaardiger Dinapama Manufacturing and Supplies het materiaal van Indië ontvang vir massaproduksie van skooluniforms. Dinapama se besturende direkteur David Namalenga sê die maatskappy kan nou oplossings verskaf aan Namibiese skole wat nie uniforms het nie. ‘n Projek om skooluniforms plaaslik te vervaardig is reeds ‘n geruime tyd deur die handelsministerie van stapel gestuur in ‘n poging om invoere te verminder. Namalenga sê Dinapama het 50 000 meter materiaal van meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar gekoop.