Delta+ woeker in Brittanje

Die Britse minister van gesondheid, Sajid Javid, sê die aantal koronavirus-gevalle in die Verenigde Koninkryk kan in die wintermaande 100 000 per dag bereik. Dit volg na nóg 49 139 gevalle in die land gemeld is. Brittanje het nou vir agt agtereenvolgende dae meer as 40 000 gevalle per dag aangeteken. Nog 179 mense is dood binne 28 dae nadat hulle positief getoets het. Javid sê die land is in ‘n wedloop met Covid-19 en die entstof gewikkel en die virus is besig om veld te wen: