Amerikaners wil Wêreldbeker vir rugby aanbied

Die Verenigde State het formeel aangekondig hulle is bereid om in die toekoms Wêreldbeker-toernooie aan te bied. Die land se beheerliggaam het Wêreldrugby meegedeel dit kan ‘n keerpunt in die spel meebring. VSA Rugby het planne om die manstoernooi in 2027 of 2031 aan te bied, en die vroue-byeenkoms in 2029. Hulle wil die Nasionale Sokkerliga-stadions gebruik. SuperSport berig 28 Amerikaanse stede het reeds belangstelling getoon om Wêreldbeker-wedstryde aan te bied.