Skoolskieter moes doodstraf gekry het – ouer

‘n Florida-jurie van 12 lede het aanbeveel die Parkland-skoolskieter, Nikolas Cruz, word gevonnis tot lewenslange tronkstraf sonder parool. Hy het verlede jaar skuldig gepleit op aanklagte dat hy in Februarie 2018 17 mense by die Marjory Stoneman Douglas High School in Parkland, Florida, doodgeskiet het. Veertien was leerders en drie was personeellede. Cruz word op die eerste van volgende maand gevonnis. Een van die slagoffers se pa, Ilan Marc Alhadeff, sê hy is teleurgesteld oor die beslissing: