Eskom-bedryfshoof sê beurtkrag moet nog vir 18 maande duur

Eskom het Suid-Afrikaners gewaarsku om voor te berei op nog 18-maande van gereelde beurtkrag. Die bedryfshoof, Jan Oberholzer, sê dit is die huidige vooruitsig aangesien die maatskappy nie aan die vraag sal kan voorsien totdat voldoende opwekkingsvermoë by die netwerk gevoeg is nie. Hy sê daar lê ‘n moeilike jaar en ‘n half vir Suid-Afrika voor: