Suide-brand woed voort, Mariental-Stampriet onder beheer

Die Karasburg-brand woed steeds sedert Dinsdag en daar is herhaalde pleidooie om hulp. Donderdag was daar ook brandbeserings aangemeld en bronne moes baie vinnig gemobiliseer word. Teen Donderdagaand was die brand aktief oor ‘n gebied van 118 000 hektaar met ‘n omtrek van 113 kilometer. Een van die boere in die gebied Hannelie van Ginkel het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ‘n beraamde 260 000 hektaar reeds verwoes is. Daar was ook verskeie brande in die omgewing van Stampriet en Mariental wat teen vier-uur vanoggend onder beheer gebring is.