Skoolseun, 16, doodgesteek in vrou se huis

Vrae het ontstaan na die dood van ’n graad agt-leerder op Otjiwarongo. Die 16-jarige seun, Wesley Dai-Khib van van die Donatus Senior Sekondêre Skool op die dorp is in die nek met ‘n kombuismes gesteek. Die Otjozondjupa-polisie sê hy is na bewering een keer met ‘n kombuismes gesteek na ‘n rusie met ‘n 20-jarige vrou, wat nou die verdagte is. Hulle was saam in haar huis. Die polisie sê die mes is op die toneel gevind en die vrou is in hegtenis geneem. Daar word verwag dat sy met moord aangekla sal word. Sy is in aanhouding en die ondersoek duur voort.