Cyril vra VSA om nie lande te straf wat sake met Rusland doen nie

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op Amerikaners gedoen om die Wet op die Bekamping van Skadelike Russiese Aktiwiteite in Afrika te verwerp. Die wet is daarop gemik om lande te straf wat steeds handelsbetrekkinge met Rusland handhaaf nadat dit die Oekraïne binnegeval het. Ramaphosa het ‘n onthaal vir die Swart Koukus in die Kongres asook anti-apartheidsveterane by die Suid-Afrikaanse Ambassade aangebied, as deel van sy besoek aan Amerika. Hy het gesê daar is kommer oor die moontlike gevolge vir die Afrika-kontinent indien die wetsontwerp in Amerika op die wetboek beland: