Die Bokke moet eenvoudig vanaand wen…

Suid-Afrika moet Argentinië vanaand in Buenos Aires klop. Hulle het ‘n oorwinning met ʼn bonuspunt nodig nadat die All Blacks die Wallabies Donderdag in Melbourne met 39-37 verslaan het, om hul voorsprong op die punteleer te vergroot. Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het sy vertroue behou in die beginspan wat Australië twee weke gelede met 24-8 afgestof het. Elrigh Louw, Faf de Klerk en André Esterhuizen sal op die bank begin. Esterhuizen sê die Pumas het gevaarlike spelers in die middelveld: