Skoolkalender van 2023 vir staatskole vrygestel 

Die Namibiese onderwysministerie het amptelik die skoolkalender van die 2023 akademiese jaar vir staatskole vrygestel. Die kalender is deur minister Anna Nghipondoka goedgekeur en afgeteken. Die totale aantal skooldae beloop 197 dae. Die minister doen ‘n beroep op skole om hierdie skooldae noukeurig te bestuur, te beplan en te benut ten einde leerders se prestasie te verbeter. Die ministerie se adjunk- uitvoerende direkteur, Edda Bohn verskaf die belangrike datums aan Kosmos 94.1 Nuus.