Salmaan Moerat lei Stormers teen Zebre

Rugby: Salmaan Moerat sal die Stormers môre aanvoer in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen Zebre in Parma, Italië. Daar is verskeie veranderings aan die verdedigende kampioene se span vir hul eerste wegwedstryd hierdie seisoen. Adré Smith is Moerat se slotmaat, met André-Hugo Venter op haker en Willie Engelbrecht op flank. Die Springbok-skrumskakel, Herschel Jantjies, is vir die eerste keer dié seisoen in die beginspan, terwyl daar ‘n opwindende nuwe senter-paar, Alapati Leiua en Sacha Mngomezulu is. Die Bok, Damian Willemse, skuif heelagter toe.