Skolesport loop oop!

Windhoek Gimnasium-leerders neem tans in Suid-Afrika aan verskeie sportfeeste en –toernooie deel. Volgens die besturende direkteur van Windhoek Gimnasium, Colette Rieckert, vaar hul leerders goed en het al verskeie seges in verskeie sportkodes soos rugby, netbal en hokkie behaal. Paul Roos Ginnasium in Stellenbosch huisves twee rugbyfeeste wat môre eindig. Rieckert gesels met Kosmos 94.1 Nuus.