Vier word vandag in Bangladesj gehang

Vier mense wat ‘n ateïstiese blogger in Bangladesj doodgemaak het, sal gehang word. Die land se teen-terreurhof het die vonnis opgelê. ‘n Groep gemaskerde mans het Ananta Bijoy Das in Mei 2015 voor sy huis doodgekap. Das het artikels geskryf wat kritiek lewer teen Islam en ander godsdienste. Bangladesj het intussen ‘n veldtog van stapel gestuur om op die ekstremiste toe te slaan.