AR win regshulp in oor vakbondregistrasie

Die Affirmative Repositioning-beweging se werkersvakbond, die Revolutionary Union, word nog steeds nie erken nadat hulle verlede jaar as ‘n vakbond probeer registreer het nie. Die vakbond streef daarna om Namibiese werkers te bevry van ondoeltreffende vakbonde wat saam met werkgewers werkers uitbuit. Die vakbond is al operasioneel, maar is steeds besig om uitdagings te beleef met die registrasieproses. Simon Amunime, die AR se woordvoerder, sê hulle het die kwessie aan hul regsdepartement oorhandig om dit te hanteer.