Skole open vandag, nog ‘n geskarrel met plasings

Met Namibiese leerders wat vandag terugkeer skool toe, sukkel duisende ouers regoor die land steeds om hul kinders in die land se 1 966 staats- en privaatskole te plaas. In die hoofstad het ouers die onderwysministerie versoek om tente beskikbaar te stel om hul kinders te akkommodeer . Ouers sê hulle word herwaarts en derwaarts tussen skole en onderwyskantore gestuur. Volgens berigte het 1 000 leerders by Rundu nog nie plek in skole gekry nie. By die kus het ouers op Walvisbaai gekla dat skole op die dorp nie ernstig is oor hul kinders se opvoeding nie.