Nuwe skooljaar, nuwe uitdagings

Namibiese kinders gaan vandag vir die eerste skooldag in 2023 skool toe. Graad 1-leerders gaan vir die eerste keer skool toe, ander gaan na ‘n volgende graad, terwyl sommiges ongelukkig hul graad moet herhaal as gevolg van swak prestasie die vorige jaar. Die begin van ‘n nuwe skooljaar bring nuwe uitdagings van verskillende aard. Kosmos 94.1 Nuus het na Namibiërs uitgereik om te verstaan wat die uitdagings is wat ouers in die gesig staar wanneer hul kinders teruggaan skool toe.