Skole môre en Vrydag toe vir stemmery oor staking van staatsamptenare

Volgens die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, sal staatskole môre en Vrydag gesluit wees sodat onderwysers en personeel kan stem in verband met ‘n staking. Meer as 100 000 staatsamptenare, wat onderwysers insluit, sal stem. Onderhandelings vir loonverhogings, wat die eerste in meer as vyf jaar sou wees, het op ‘n dooiepunt uitgeloop. Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.