Skokkende besonderhede in 37 Trump-aanklagte
Staatsaanklaers in Amerika het besonderhede oor die strafregtelike aanklagte teen oudpresident, Donald Trump bekend gemaak. Hy staan tereg op 37 aanklagte. Dit sluit in dat hy nasionale veiligheid in gevaar gestel het deur hoogs geklassifiseerde staatsdokumtene oor kerndata in sy besit gehad het. Aanklaers sê Trump het ná die beëindiging van sy ampstermyn sowat 300 geklassifiseerde lêers saamgeneem na sy landgoed in Florida. Dit is op verskeie plekke gestoor, onder andere in ‘n slaapkamer, ‘n balsaal en in ‘n badkamer. Nog aanklagte is dat Trump self betrokke was by die verskuiwings-proses van die dokumente vanaf die Withuis. Hy het ook in toegegee dat hy inligting in die dokumente aan mense met geen sekerheidsklaring sou gewys het. Dié oortredings kan tronkstraf van sowat tien jaar beteken.