Skokkende 373 000 kinders ontvang toelaag

Meer as 373 000 wees- en kwesbare kinders maak staat op die toelaag van 350 Namibiese dollar maandeliks en terwyl die regering hierdeur poog om die kinders by te staan meen maatskaplike werkers, veral in landelike gebiede dat voogde en pleegouers die geld op drank bestee of dit gebruik om hulle skuld te delg. Daar word berig dat enkel ouers presies dieselfde doen en nie die geld vir die kinders se benodighede gebruik nie. Dit kom ook voor in huishoudings waar pensioenarisse is met hele families wat in sommige gevalle staatmaak op die toelae.