Skip met chemiese vrag begin sink by Sri Lanka

Vrese oor ‘n ekologiese ramp aan die kus van Sri Lanka het toegeneem nadat ‘n skip met chemiese vrag aan boord, begin sink het. Daar het ongeveer twee weke gelede ‘n brand op Die X-press Pearl, wat in Singapoer geregistreer is, ontstaan. Meer as 350 metrieke ton enjin-olie kan nou in die see lek. Onstuimige seetoestande en stormsterk wind belemmer opruimingsaksies. Die kaptein, hoofingenieur en die tweede ingenieur van die skip mag Sri Lanka nie verlaat nie nadat ‘n hofbevel verkry is.