Reuse-sinkgat groei groter en groter

‘n Reusagtige sinkgat in die Mexikaanse staat Puebla wat elke dag groter word, bedreig nou ‘n huis, berig internasionale media. Die gesin sê hulle het Saterdag ‘n slag gehoor en die gat op hul erf gevind. Teen Sondag was die gat 30 meter wyd en teen Maandag 60 meter.