Eskom verklaar dispuut met vakbonde

Eskom sê hy het ‘n dispuut verklaar omdat geen ooreenkoms bereik kon word tydens onderhandelings met sy drie erkende vakbonde, die NUM, Numsa en Solidariteit nie. Eskom se finale aanbod is ‘n verhoging van 1,5 persent op voorwaarde dat die vakbonde sekere verskille in sommige byvoordele aanvaar. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Matshantsha, sê die vakbonde se eise is onbekostigbaar.