Skietvoorval op stel van fliek word steeds ondersoek

Die skietvoorval op die stel van die fliek, Rust, word steeds ondersoek. ‘n Distriksprokureur van Nieu-Mexiko in Amerika sê alles, insluitend strafregtelike aanklagte, word oorweeg. Die akteur Alec Baldwin het die kinematograaf, Halyna Hutchins, doodgeskiet en die regisseur Joel Souza gewond. Mary Carmack-Altwies het gesê die vuurwapen waarmee Hutchins geskiet is, is ‘n wapen uit ‘n spesifieke vorige era. Sy sê die ondersoek fokus op ballistiek om vas te stel watter soort koeëls gebruik is en wie die wapen daarmee gelaai het.