NSA: Inkomste verminder drasties in huishoudings weens Covid

Ekonomiese skok weens Covid-19 het gelei tot ‘n vermindering van inkomste in 49 persent huishoudings wat staatgemaak het op inkomste uit veeboerdery of visvang. Dit is volgens die Namibiese Statistieke Agentskap se jongste studie oor die impak van Covid-19 op huishoudings. Soortgelyke vermindering inkomste is ook ervaar deur 65 persent huishoudings wat staatgemaak op familiebesighede en 55 persent van diegene wat afhanklik was van inkomste uit eiendomme, beleggings en spaargeld. Landbou-kenner Wallie Roux sê hy het verwag dat die statistieke hoër sou wees.