Groen Skerpioene gaan polisie help om veldwagter-moordenaars op te spoor

Die Suid-Afrikaanse minister van bosbou en omgewingsake, Barbara Creecy, sê die Groen Skerpioene het hul bystand aan die polisie aangebied om die moordenaars van Timbavati se hoofveldwagter, Anton Mzimba, in hegtenis te neem. Mzimba is vroeër die week buite sy huis doodgeskiet, slegs ‘n paar dae voor Wêreld-veldwagterdag môre herdenk word. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se Kaapse korrespondent, is aan die woord.