Namibiese vroue-driekamp-atlete vaar nóg beter

Ná die 20-jarige Namibiese driekamp-atleet, Divan du Plooy, vandag in die individuele driekamp by die Statebondspele in Birmingham, Engeland, 25ste geëindig het, die Namibiese vroue in sy voetspore gevolg en nóg beter gevaar. Anri Krugel en Imke Jagau en het onderskeidelik 23ste en 24ste geëindig. Die president van die Namibiese Driekamp-federasie, Roual Spangenberg, is trots op hulle. Hy gesels uit Birmingham met Kosmos 94.1 .Nuus.