ILO bied werkswinkel vir vakbonde in Afrika aan

‘n Werkswinkel oor die rol en aksies van vakbonde in Afrika is in Windhoek afgesluit. ‘n Vier jaar projek deur die Internasionale Arbeidsorganisasie teiken Namibië, Rwanda, Senegal en Uganda word in direkte vennootskappe met die nasionale vakbonde uitgevoer. Die projek het ten doel om onder andere vakbonde se doeltreffendheid en impak te verbeter in die formulering, implementering, monitering en evaluering van handels-, nywerheids- en beleggingsbeleid. Maria Hedimbi, woordvoerder in die Nambiese arbeidsministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.