Skerp styging in Covid-gevalle demp Britte

Die skerp styging in Covid-gevalle en waarskuwings van tekorte in supermarkte het ‘n demper geplaas op Britse eerste minister, Boris Johnson, se sogenaamde Vryheidsdag om ‘n jaar se inperking in Engeland te beëindig. Wette wat die dra van maskers in winkels en ander binnenshuise plekke, asook beperkte besoekers in kroeë en restaurante beëindig, is om middernag opgehef. Gister is meer as 48 000 nuwe Covid-gevalle in Brittanje aangemeld. Internasionale media berig die nasionale gesondheidsdiens se toepassing het honderde duisende mense beveel om te self-isoleer en gewaarsku supermarkte se rakke kan binnekort leeg wees.