Namibiese onderrig-toep wen internasionale prys

‘n Namibiese mobiele onderrigtoepassing het ‘n internasionale toekenning by die 18de Internasionale Konferensie oor e-Sake gewen, het die Universiteit van Namibië in ‘n mediakonferensie bevestig. Die mobiele toepassing, “Lilonga-Nenyanyu”, is ontwerp om kinders te help om hul kennis in wiskunde en Oshindonga te verbeter. Dit is ontwerp deur ‘n student, Caroline Mulundu, senior lektor Victoria Hasheela-Mufeti en lektor Maria Ntinda van die departement van rekenaarwese, wiskunde en statistiek ontwerp.