Barbados kry eerste president ooit

Barbados het koningin Elizabeth as staatshoof vervang met die heel eerste president in die land se geskiedenis. Sandra Mason is met ‘n twee-derde-meerderheid verkies tydens ‘n gesamentlike sitting van die land se Senaat en Laer Huis. Die gewese Britse kolonie in die Karibiese Eilande het in 1966 onafhanklik geword en word op 30 November ‘n republiek wanneer Mason ingehuldig word. Die eerste minister, Mia Mottley, beskryf Mason se verkiesing as ‘n deurslaggewende oomblik omdat sy vir ware Barbadaanse waardes staan.